Nog ’n Gesprek Met Deon Maas – Ep. 164 WAT Podcast

Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis.

Deon is ’n skrywer (Witboy in AfrikaMelk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.

Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of ‘n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop:www.williamwelfare.com/shop

beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:


Comments

Comments