’n Huldeblyk aan Piet Botha – Ep. 167 WAT Podcast

Op hierdie spesiale episode deel ek my gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel ek vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel.

Piet Botha is oorlede op die 2de Junie 2019. Hy was 63 jaar oud.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

Jy kan op Spotify ook luister.

Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

Comments