ʼn Gesprek Met Wayne Davidson – Ep. 28 WAT Podcast

Wayne Davidson is ’n baie likeable, gladdebek drummer wat ’n groot bydrae gelewer het gedurende die tydperk van Jan Blohm se rise to fame.

Wayne het ’n knack om ’n goeie songwriter te recognise wanneer hy een sien – so dit maak sin dat hy al drums gespeel het vir ouens Gian Groen, Jan Blohm, Ryno Velvet en Abel Kraamsaal. Hy het ook al ’n hele paar random jobs gehad waarvan een by Bowline Distribution was.

Ons gesels oor Dorpstraat Teater, Steak ‘n’ Ale, Bowline, KKNK, Aardklop, dayjobs en hoekom hy tot vandag nog nooit vir Valiant Swart wou ontmoet het nie.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments