’n Gesprek Met The Robfather – Ep. 166 WAT Podcast

Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam met Wanton Bishops, Yellawolf and hy was die toer-DJ vir The Pixies en onlangs ook The Cure toe hulle hier kom kuier het.

Rob kom kuier in die garage en ons gesels oor al die plate en CD-shops waar hy al gewerk het, sy eerste paar gigs as ’n Kwaito DJ, die sielkunde van ’n goeie playlist en hoe om mense op die dansvloer te hou, maar ook seker te maak hulle koop genoeg drank by die bar.

Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast, Blitzkriek, Akkedis of Albert Frost T-shirt op die splinter nuwe online shop

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

Jy kan op Spotify ook luister.

Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:


Comments