ʼn Gesprek Met Tertius Kapp – Ep. 122 WAT Podcast

Tertius Kapp is ’n digter, regisseur, dramaturg en bekroonde draaiboekskrywer. In 2015 is die Hertzogprys vir Drama aan hom toegeken vir sy toneelstukke Rooiland en Oorsee. In 2016 wen hy ook ’n SAFTA vir sy draaiboek vir die film Dis Ek Anna.

Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy en Haddad Viljoen se nuutste kortfilm Ek Het Jou Gemaak wat die 24ste Augustus debuteer by kykNET Silverskermfees, wat hy alles by Prof Marlene van Niekerk geleer het, sy dae by MK89 en sy vriendskappe met Haddad en Willem Anker.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:


wat-podcast-iono-fm-

Comments