’n Gesprek Met Stéfan Burger – Ep. 138 WAT Podcast

Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Ek en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.

Bestel jou Willim Welsyn ‘Blitzkriek’ album op Takealot en kry hom nog voor Kersfees.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments