ʼn Gesprek Met Simone Jonker (Venter) en Ernesto Garcia Marques – Ep. 63 WAT Podcast

Simone Jonker (Venter) is die dogter van Ingrid Jonker en sy en haar man Ernesto Garcia Marques het onlangs ’n dubbel tribute album uitgereik met die naam: Ingrid Jonker – ‘Die Kind Is Nog Jonger’.

Simone en Ernesto kom kuier in die garage en gesels oor die projek en al die kunstenaars wat betrokke was – wat mense insluit soos Anton Goosen, Inge Beckmann, Radio Rats, Somerfaan, Dirk Ace, Kalahari Surfers, Falling Mirror, Die Naaimasjiene, Terminatryx en nog vele meer.

Simone gesels ook oor haar verhouding met haar ma en haar ma se skryfwerk.

Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments