ʼn Gesprek Met Schalk van der Merwe – Ep. 74 WAT Podcast

Dr Schalk van der Merwe is daai veteraan bassist met die brains vir Billygoat, Bed on Bricks, Delta Blue, Gerald Clark en Karen Zoid – en daai is maar net ’n paar van die acts saam met wie hy al gewerk het op sy intimiderende CV.

Schalk gee ook klas by die Universiteit van Stellenbosch waar hy onlangs sy Ph.D. studie voltooi het oor die geskiedenis en die interaksie tussen politieke gebeure en populêre musiek met spesifieke verwysing na opgeneemde Afrikaanse musiek oor die laaste 115 jaar.

Hy kom kuier in die garage en ons gesels oor alles.

Voltooi die WAT Podcast Survey en wen ‘n Shunt vinyl+CD en ‘n Smeer Die Weerlig CD.

Hierdie episode is geborg deur Valve House se online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal). 

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments