ʼn Gesprek Met Schalk Joubert – Ep. 105 WAT Podcast

Die baskitaarspeler Schalk Joubert is een van Suid-Afrika se mees gesoute en veelsydige live en studio musikante. Hy’s ook ’n producer en het al op meer albums en feeste gespeel as wat die average listener probably geluister of bygewoon het.

Schalk kom kuier in die garage en gesels oor sy musikale en vriendskaplike collaborations met, onder andere, Valiant Swart, Koos Kombuis, David Kramer en Gert Vlok Nel. Hy’t selfs al vir Bob Dylan ge-open en ’n kak jam session saam met Ginger Baker oorleef.

Strap yourself in.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

 

Comments