‘n Gesprek Met Schalk Bezuidenhout – Ep. 18 WAT Podcast

Schalk Bezuidenhout is ’n aspirant akteur maar meer as dit is hy ’n standup comedian wat nou baie vinnig begin naam maak het in die land.

Sy gesig is op Comedy Central billboards, hy’t onlangs ’n Savana Comics’ Choice Award gewen, hy feature op Aromat adverts, hy doen Youtube skits saam met Derick Watts & The Sunday Blues en Beast van die Sharks, hy emcee musical festivals en dan open hy sommer ook vir Trevor Noah op sy nasionale toere voor duisende mense. En hy is nou eers 23 jaar oud.

Hy kom plak in die garage laat een aand en saam met ’n bottel goedkoop vonkelwyn gesels ons oor comedy vs. acting, kampuslewe op UCT, sy connection met Trevor Noah, Afrikaans vs. Engelse comedy, Gemengde Vrugte, corporate gigs en hecklers.

Ons riff ook oor #RhodesMustFall, Engelse kinders en sy dae op Hoërskool waar alles begin het.

Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zone Fitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.za vir meer besonderhede.

Banner-1672x578

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments