ʼn Gesprek Met Ryno Velvet Oor Cover Songs – Ep. 71 WAT Podcast

Credit: Gillian Coetzee

Ryno Velvet kom kuier in die garage en ons bespreek die Gert Vlok Nel/Theuns Jordaan-debakel rondom Gert se song “Beautiful In Beaufort-Wes”. Ryno se song “Ai My Lam” is ook al twee keer gecover deur Stompdraai en Saarkie. Jan Blohm het ook al sy song “Lyfie” gecover. Hoe voel Ryno daaroor? Is alles in orde?

Ek vra al die vrae.

Ons riff ook oor SAMRO, CAPASSO, record labels, Huisgenoot, KYKNet, Netwerk 24, pub-gigs, festival-gigs en Afrikaanse popkultuur. En gesels oor die belangrike rol wat Riku Lätti se Wasgoedlyn gaan speel wanneer dit kom by die erkenning van Afrikaanse songwriting.

Die Robertson Rocks Leopard Falls 2016 festival word ook uitgelees en daar is ‘n special deal op die kaartjies vir WAT luisteraars.

Hierdie episode is geborg deur Valve House se online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal).

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments