ʼn Gesprek Met Rouleaux van der Merwe | Permanent Record – Ep. 111 WAT Podcast

Rouleaux van der Merwe is die platebaas van PermanentRecord.co.za, probably die slickste, kiffste, independent online vinyl shop in Suid-Afrika.

Rouleaux kom kuier in die garage en vertel vir Willim hoe David Kramer sy musical awaking op ’n jong ouderdom aan die brand gesteek het, sy vriendskap met Wentzel van der Gryp van Roastin’ Records, die dae toe hy saam met Willem Samual in Stellenbosch gewoon het en hoe hy graag wil hê dat almal Metode en Tegniek se ‘Post-boland-pre-peruvian-plaaspunk’ móét luister.

Hulle gesels ook oor Lucy Kruger and The Lost Boys se nuwe vinyl release ‘Summer’s Not That Simple’ en KOBUS se nuutste plaat ‘DIE KRONIEKE VAN KOBUS! VÖLUME 1.’

Die WAT Podcast word op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments