‘n Gesprek Met Riku Lätti – Ep. 13 WAT Podcast

Foto deur Jackie Latti

Riku Lätti kan dalk net die mees veelsydigste liedjieskrywer in Afrikaans wees.

Hy kom klim diep binne in die garage se hart in met ‘n paar lieflike stories soos die keer toe hy vir Prof Marlene van Niekerk ‘n kabaret geskryf en opgevoer het, hoe Radio Lava se concept album nou nog harte steel, hoe Gert Vlok Nel en Piet Botha deel was van die spark wat Die Wasgoedlyn begin het, en, en, en. Iets oor Steve Hofmeyr en iets oor Laurika Rauch en iets oor Gert Vlok Nel en Bacchus Nel en Piet Botha.

Hierdie gesprek is uit die boonste rakke.

En oja, jy kan ‘n Wasgoedlyn album wen. Befok.

En oja – ek speel die Vrydag die 24ste Julie ‘n free show by Bampas Coffee Shop in Durbanville van 20h00 af.

banner timeline

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments