ʼn Gesprek Met Pietie Beyers – Ep. 123 WAT Podcast

Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks Orion, as Dr. Deon Visser in Binnelanders en in ander TV-reekse en films soos Buurtwag, Sy Klink Soos Lente, Beskermhere en Onder Die Tafel.

Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy kinderdae en sy nuwe lease on life.

Geborg deur Visuals.TV

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ’n episode ’n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments