ʼn Gesprek Met Philip de Vos – Ep. 101 WAT Podcast

Philip de Vos is bekend as skrywer, digter, vertaler, blogskrywer, radio omroeper en fotograaf. Hy het ook oor die jare as operasanger meer as 40 karakterrolle in operas vertolk. Hy het reeds 25 boeke gepubliseer en het verskeie literêre pryse vir sy skryfwerk ontvang.

Hy kom kuier in die garage waar hy en Willim hulle eie kreatiewe prosesse probeer uitfigure. Hy gesels ook oor die verhouding met sy ouers, sy kreatiewe verhouding met illustreerder Piet Grobler, al die vername mense wat hy al afgeneem het vir sy fotoboek Milieu, Mozart en… Moemin.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments