’n Gesprek Met Niel van Deventer – Ep. 155 WAT Podcast

Niel van Deventer is ’n TV en filmvervaardiger van Hartbeespoortdam wat nou onlangs Kaap toe getrek het en hy is tans besig om Jacques Pauw se boek The President’s Keepers tot ’n dramareeks te verwerk. Hy was ook onder andere die vervaardiger op die fliek Dis ek, Anna (wat ses SAFTAs gewen het), wat kindermishandeling aanpak en hoop om met sy verwerking van Pauw se boek die soeklig te laat val op die korrupte Zuma-regime en hoe dit Suid-Afrika geraak het. Hy kom kuier in die garage en vertel vir ons alles.

Bestel jou Willim Welsyn ‘Blitzkriek’ album op Takealot.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

Comments