ʼn Gesprek Met My Vrou Oor Oppikoppi 2016 – Ep. 69 WAT Podcast

Ek vra my eie persoonlike vrou Marli Viljoen Barnard of sy my sal indulge om vir haar al my stowwerige Oppikoppi-stories te kan vertel.

Marli stem in en ek gaan op ’n memory-rant rampage oor my trip, die gig, Kreefhotel, daai couple van Swellendam wat so hard kan paartie, drummer Kyle Gray sy yin-yang psyche, Gerhard Grobler wat deesdae ’n sound-engineer celeb geword het, hoe om liefde te maak as jy vuil en dronk is, Lanie van der Walt se jazz band, Chris van der Walt se vark metal band en hoe daai 5 Star chocolate van Cadbury ‘n goeie voorbeeld is van ’n suksesvolle brand-activation by ‘n fees. Daar is ook conspiracies oor Jon Savage se Telecaster wat glo aan Keith Richards behoort het.

Ek gee ook drie albums weg op die show en vertel vir jou van die nuwe Radio Rats documentary wat Michael Cross gemaak het.

Hierdie episode is geborg deur Valve House se online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal).

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments