‘n Gesprek Met Martelize Brink – Ep.16 WAT Podcast

Martelize Brink is die mens agter daardie bekende stem wat jy elke weeksoggend tussen 9:00 en 11:30 op RSG saam met Johan Rademan hoor.

Martelize kom kuier in die garage en vertel van haar skooldae in die Paarl, hoe sy randomly by Maties FM op Stellenbosch haar tande as radio-omroeper begin slyp het en hoe sy op die ou end by RSG begin werk het.

Ons gesels ook oor haar bedrywige buitemuursaktiwiteite, charity en mc-gigs, wat daar by RSG agter die skerms aan gaan en hoe daar niks sexy is omtrent ’n rolstoel nie… miskien die parkering.

En nee… hierdie onderhoud het nie gebeur agv Vrouemaand nie, dis net toevallig Augustus toe Martelize kom kuier het.

Hierdie episode is met trots geborg deur Zone Fitness, waar somerlywe in die winter gevorm word. As lid van Zone Fitness kan jy ’n hele maand gratis oefen as jy jou vriend kan kry om ook by Zone Fitness aan te sluit. Dit is baie maklik – al wat jy moet doen is om jou vriend se kontakbesonderhede na zone@lumico.co.za te stuur en hulle sal jou terug kontak of besoek www.zonefitness.co.za vir meer besonderhede.

Banner-1672x578

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments