’n Gesprek Met Louise Crouse – Ep. 129 WAT Podcast

Louise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ’n episode ’n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments