’n Gesprek Met Louis Duvenage van Orwellington en Raaskopleef – Ep. 168 WAT Podcast

Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels ek met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Ons gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 90s, die army, London, die begin van Boland Punk, Louis se vriendskap met Almuir Botha, die Voëlvry beweging, Dirk Ace, Valiant Swart, Koos Kombuis, Madonna, Bernoldus Niemand, 80s popmusiek, Breyten Breytenbach, krieket en oor ’n hele klomp ander dinge ook.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae, soms nooit) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

Jy kan op Spotify ook luister.

Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

Comments