‘n Gesprek Met Liny Kruger – Ep. 24 WAT Podcast

Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander?

Vandag se gas is Liny Kruger van LK Mediabook en sy help al sedert die 90s om bands en kunstenaars famous te maak.

Haar eerste PR gig skop af by Dirk Ace se Trippy Grape Records in Stellenbosch. En sedertdien het sy al publisiteit behartig vir kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Van Coke Kartel, Chris Chameleon, aKING, Valiant Swart, Foto na Dans, Mango Groove, Luna Paige, Ard Matthews, Zebra & Giraffe, Natasha Meister, Anton Goosen, Ashtray Electric en nog vele meer.

Liny bust ’n paar PR myths en ons kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of ge-interview kan word backstage.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments