‘n Gesprek Met Kobus de Kock Jnr. – Ep. 11 WAT Podcast

Kobus de Kock Jnr. is die bebaarde Sonic The Hedgehog frontman van daai explosive Pretoria rock band: Black Cat Bones.

Kobus kom maak ’n draai in die Kaap om PR te doen vir die Blood Brothers supergroup en hy pull ook toe sommer in by die garage om sy storie met ons te deel.

Het jy geweet hy was eers ’n drummer in ’n band saam met Jan Blohm voor Jan Blohm “Jan Blohm” was? Daar’s ’n paar cool stories oor sy two-piece jam sessions op die plaas saam met Noddie, sy solo kustoere en die ontstaan van die Black Cat Bones.

En natuurlik gesels ons ook oor die Blood Brothers. Lekker luister.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik weereens, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments