ʼn Gesprek Met Jo Ellis – Ep. 40 WAT Podcast

Ek gaan op ’n solo ‘connecting-with-my-roots’ road trip na Ladismith en Oudtshoorn toe en oppad terug Kaap toe stop ek by studio engineer en producer Jo Ellis.

Jo het my eerste EP en vier van my albums produce by sy home facility: Blooroom Studios op Ladismith.

Ons gaan grawe ’n paar nostalgiese diamante uit Jo se geskiedenis uit en riff oor sy studio se small beginnings wat vandag ’n groot sukses is, hoe anders dit is om op die platteland te record en sy current projects.

Albums en projects wat hy al record het en waaroor gesels word sluit in Jake Gunn, Jet Black Camaro, Ann Jangle, Strident en natuurlik my William Welfare album. Ons gesels ook oor die exclusive soundtrack wat hy saam met Deon Van Heerden van Strident gerecord het vir die BROFORCE computer game.

Update: Die oom by wie ek gaan kuier het Saterdag is toe Dinsdagaand dood. RIP oom Fred Barnard.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn.

OF stream hom sommer net hieronder:

Check Sommer Ons Nuwe Music Video Ook:


wat-podcast-iono-fm-

Comments