’n Gesprek Met Janie Bay – Ep. 131 WAT Podcast

Janie Bay is ’n singer-songwriter van die Kaap wat nou in Pretoria woon. Sy’t onlangs haar major-label debut album, Miscellany, gedrop en dus was dit ’n goeie tyd vir Janie om in die garage te kom kuier. Sy gesels oor haar skooldae, haar musikale verhouding met haar broer Theunis Cilliers, die begin van Janie and The Beard, die dae op J-Bay, die cold-turkey move Pretoria toe, haar collaborations, die #MeToo movement en nog vele meer.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ’n episode ’n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments