ʼn Gesprek Met Jake Gunn – Ep. 79 WAT Podcast

Jake Gunn is die fancy stage persona van Jacques “Groenies” Groenewald van Brackenfell. Al het hy meer hare as Robert Plant, die conjoined body language van Keith Richards en Piet Botha – is hy nogsteeds een van ons mees unieke singer-songwriters en guitarists.

Bestel ‘n WATPodcast Koffiekoppie!

Groenies vertel hoe hy leer kitaar speel het nadat hy sy rug in ’n rugby game gebreek het, die open mic aande by Plaasteater, sy confusing loopbaankeuses in die boukunde en hoe hy vir Piet Botha begin stalk het en toe sommer ook die band gejoin het.

Hulle gesels ook oor die recording sessions van sy eerste album Triple Jack en eindig die show af met ’n live, acoustic performance van Jake Gunn se “Rosie” en Willim Welsyn se “Vêr Hiervandaan”.

Voltooi die WAT Podcast Survey en wen ’n Shunt vinyl+CD en ‘n Smeer Die Weerlig CD.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments