‘n Gesprek Met Jacques du Plessis – Ep. 19 WAT Podcast

Jacques du Plessis is ’n multi-instrumentalist en een van die twee founding members in Mr. Cat & The Jackal – ’n theatrical Durbanville-based folk-rock band rooted tussen die bad blues se boozy boobs.

Jacques kom polish ’n paar lang blikke Guinness in die garage en vertel hoe hy en Gertjie Besselsen Mr. Cat & The Jackal begin het. Hulle gesels oor DIY-ethics, hoe ek een aand secret recordings van Inge Beckmann by Jacques gesteel het, perlemoen-musiek, hoe om die saag te speel, Kunskafee-dae, die dae toe bands nog posters geplak het en hoe Mr. Cat & The Jackal se eerste album met ’n kak Carol mic gerecord was.

Hulle besef ook dat Arcade Fire dalk die idee van hulle stage costumes kon gesteel het en hulle chat ook oor Jacques se connection met Donny Truter se band Taleswapper.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments