’n Gesprek Met Jaco van der Merwe – Ep. 146 WAT Podcast

Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit.

Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met ‘n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek – “WAT BINNE IS” – te druk en versprei. Checkit uit!

Bestel jou Willim Welsyn ‘Blitzkriek’ album op Takealot.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

Comments