ʼn Gesprek Met Izak du Plessis – Ep. 99 WAT Podcast

Izak du Plessis is ’n bekroonde joernalis, radio-omproeper en daai bekende stem wat jy elke weeksoggend kan hoor tussen 6:00 en 8:00 op RSG se gewilde nuusprogram Monitor.

In ’n baie emosionele gesprek onthul Izak aan Willim hoe sy kinderdae, die ambivalente herrineringe van sy pa, die einde van ’n huwelik en sy stormagtige bedanking as ’n teologies verdwaalde NG predikant hom gelei het tot ’n loopbaan in radio en joernalistiek.

Willim maak ook ’n groot aankondiging.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments