‘n Gesprek Met Hunter Kennedy – Ep. 14 WAT Podcast

Hunter is die towerwoorder en kitaarspeler in Fokofpolisiekar – as ook die baskitaarspeler en tweede towerwoorder in Die Heuwels Fantasties – maar dit behoort jy seker te weet.

Ons gesels oor die eerste Blood Brothers gig, daai keer toe Fokofpolisiekar by my 21st gespeel het 10 jaar terug, toevallig ook die selfde jaar toe hulle Monoloog In Stereo uitgereik het. Ons praat oor daai album se recording, oor hoe sommige Fokof lirieke deur die venster van Rian Malan se boek My Traitor’s Heart gesien kan word, die gevoel van veiligheid en die suburbs.

Ons gesels ook oor hoe Die Heuwels Fantasties begin het, behind the scenes stories by Huisgenoot Skouspel en Philip “Geldwolf” Erasmus se elaborate depature uit die band uit.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments