ʼn Gesprek Met Herman Kleinhans – Ep. 115 WAT Podcast

Herman Kleinhans is ‘n liedjieskrywer en sanger van Stellenbosch. Hy het in Mei 2015 KykNET se AfriVisie gewen met sy lied “Ek Sweer”. Hy is ook ‘n lid van TWEE – die ander lid is Maria Rademan. Herman het ‘n nuwe album uit, Kamer 4. Hy’t kom kuier in die garage vir ‘n passievolle gesprek oor laerskool-rugby, hoe en waar sy musiekloopbaan begin het, die inner workings van die musiekbedryf en hoe hy eenkeer in London 2000£ gekry het by ‘n tabloid koerant. Dit alles en nog vele meer. Baie kiff episode dié.

Die WAT Podcast word op Donderdae release, soms op Vrydae en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments