’n Gesprek Met Hannes Brümmer – Ep. 126 WAT Podcast

Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en ons riff oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Ons gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks Kompleks ’n cult-classic geword het.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ’n episode ’n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments