ʼn Gesprek Met Haddad Viljoen – Ep. 54 WAT Podcast

Haddad Viljoen was vir ’n hele paar jaar die bemarkingsbestuurder vir Aardklop en toe vir KykNet en toe ook vir MK. Vandag is hy die CMO van Liedjie, die eerste Afrikaanse musiekstroomdiens.

Haddad kom kuier in die garage en vertel hoe mal sy job by Aardklop was en hoekom DSTV se musiekkanaal MK begin en geëindig het. Hy vat ons ook diep binne in the belly of the TV-beast waar hy verduidelik hoe KykNET, MNET, Multi Choice en DSTV se operations werk en hoekom Afrikaanse musiekliefhebbers en musiekante opgewonde moet raak oor Liedjie.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments