ʼn Gesprek Met George van der Spuy – Ep. 45 WAT Podcast

Kort voor George van der Spuy begin sing het in Taxi Violence, het ek en hy mekaar een aand in J-Bay gedurende ’n drug bust ontmoet.

George kom kuier 12 jaar later in die garage en vertel hoe sy pa hom leer drums speel het, hoe hy amper ’n drie op Nuweland gedruk het en hoe sy eerste band, Drain, begin het in Paul Roos toe hy 13 jaar oud was.

Hy vertel van sy jobs in London, sy legendary rehearsal studio Kill City Blues, hoe hy van kleins af wys geraak ivm met record deals, Taxi Violence se DIY approach en wat toe nou eintlik gebeur het met sy supergroup band: Goodnight Wembley.

Hier episode is geborg deur Bongalong.co.za

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments