ʼn Gesprek Met Ernst van Dyk – Ep. 81 WAT Podcast

Ernst van Dyk is gebore sonder bene en het as kind geleer loop met die hulp van ’n prostetiese houtbeen wat hy by die Rooikruis gekry het en ‘n kruiwae.

Vandag, as wêreldberoemde marathon-rolstoelryer, hou Ernst die rekord vir die ou wat al 10 keer die Boston Marathon gewen het. Hy’t ook twee maande terug as handfietsryer geseëvier met ’n goue medalje by die 2016 Paralimpiese Spele in Rio – en hierdie is maar net enkele van sy vele prestasies.

Ernst kom kuier in die garage en vertel waar dit alles begin het en die verhouding tussen pressure, roem en sukses. Turns out hy is nie net ‘n medalje worsmasjien nie, maar ook ‘n baie cool dude.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments