ʼn Gesprek Met Erns Grundling – Ep. 103 WAT Podcast

Erns Grundling is ’n TV-aanbieder (Via Weg! Agterpaaie), radio-omroeper (Bush Radio The Unhappy Hour) en veelbekroonde reisjoernalis by die uiters gewilde Weg!-tydskrif. Hy het voorheen ook by LitNet, Insig en Huisgenoot gewerk.

Erns kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuwe boek wat pas die lig gesien het: Elders – My 1025km te voet langs die Camino, en hoe die boek nie die boere-weergawe van Eat, Pray, Love is nie. Willim vra hom ook heavy uit oor sy dae by LitNet, Huisgenoot en Insig.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments