ʼn Gesprek Met Elbie Adendorff – Dorpstraat Revisited Deel 2 – Ep. 92 WAT Podcast

Elbie Adendorff en haar suster Hettie Dollenberg was die tweede eienaars van Dorpstraat Teater Kafee in Stellenbosch. Elbie kom kuier in die garage en vertel hoe sy en haar suster hul gemaksone in die onderwys verlaat het om die Teater se legendariese bestaan oor te neem by Gigi en Nita Fourie. Cool stories oor Gert Vlok Nel, Amanda Strydom, Anton Goosen, Piet Botha, Johannes Kerkorrel en nog vele meer.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER: 

wat-podcast-iono-fm-

Comments