‘n Gesprek Met Dirk Ace (Deel 2 van 2) – Ep.9 WAT Podcast

Ek rant eers want… WAT? Ek het vanoggend ‘n pa geword.

Daarna continue my gesprek met die legendariese vader van die Voëlvry Toer. Vader. Ek is ook nou ‘n vader.

Anyway, ons gesels oor André le Toit (my seun se naam is André), Johannes Kerkorrel, Valiant Swart, Wingerd Rock, Trippy Grape Records, ens.

Ek kan nie langer tik nie. Moet nou gaan. Way te opgewonde oor my laaitie. Luister gerus.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes hier of vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

Of jy kan dit nou dadelik net hier onder luister.

Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

wat-podcast-iono-fm-

Comments