ʼn Gesprek Met Deon Maas – Ep. 85 WAT Podcast

Deon Maas is ’n skrywer (Witboy in Afrika en nou Melk Die Heilige Koeie), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon in Johannesburg saam met haar, Watson (’n blinde Scotty) en verskeie ander honde wat elkeen hul eie hang-ups het.

Deon kom kuier in die garage die aand voor hy sy nuwe boek Melk Die Heilige Koeie launch in Kaapstad en ons gesels oor alles.

William Welfare Shunt se plaat is op special by vhmusic.co.za, gaan bestel hom vandag.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments