ʼn Gesprek Met Danie Du Toit van Spoegwolf – Ep. 119 WAT Podcast

Danie du Toit is die hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer van Spoegwolf, ’n Stellenbosch-based band met hulle wortels diep geanker in die oksels van die Paarl. Danie kom kuier in die garage om te gesels oor hulle nuwe album Die Donker Toring, sy kinderdae op die Paarl, sy eerste band Ysterkoei wat destyds Rockspaaider gewen het en hoe sy ouers vir hom en sy broer Moskou ondersteun het om musiek te maak. Hy gesels ook oor hoe sy ma Tertia Du Toit, ’n bekende kunstenaar, Spoegwolf se album art gemaak het en nog vele meer.

Regstelling (30/07/2017):

Op die intro het ek vir Fanus Rautenbach verwar met Jans Rautenbach. JAMMER. Dit was laat en ek was moeg. Fanus Rautenbach (1928–2011), ook bekend as Umfaanus, was ‘n bekende radio-omroeper, skrywer en mediapersoonlikheid. Jans Rautenbach (1936–2016) was ‘n bekroonde Suid-Afrikaanse draaiboekskrywer, film-vervaardiger en regisseur. (Vergewe tog, asb. Jammer.)

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:


wat-podcast-iono-fm-

Comments