ʼn Gesprek Met Conrad Jamneck – Ep. 34 WAT Podcast

Conrad Jamneck is ’n pedigree-paartie-scientist: as die lead-singer van The Fake Leather Blues Band, een van die main organizers van die STRAB festival in Mozambique, Casper de Vries se voormalige klankman en ’n mens met baie goue stories.

Ons gesels oor sy legendariese pa en ma: oom Jammies en tannie Gerrie Jamneck, sy utopiese kinderdae op Badplaas buite Carolina, die move na Silverton en sy skooldae.

Ons tap ook in die psyche van Conrad se alter-ego: Mr. Ooogaboooga Man. En hoe dit soms ’n groot fout kan wees om “net gou vinnig vir die Akkedisboeties te gaan baai sê voor jy moet terug vlieg Noorde toe”… en eye-eye conversations met Francois van Coke.

Daar is baie mooi stories oor humble ooms soos Sias Reyneke, Ollie Viljoen, Lance James, Vusi Mahlasela en natuurlik oom Jammies Jamneck.

RIP oom Jammies.

Vhmusic.co.za is nou live! Die shop is gelaunch en gestock met moercool music,’n documentary wat ek gemaak het en Shunt op vinyl! Gaan doen nou jou krismishopping.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn.

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments