ʼn Gesprek Met Churchil Naude – Ep. 50 WAT Podcast

Kletsrymer Churchil Naude se debuutablum ‘Kroeskop Vol Geraas’ het laasjaar die lig gesien onder die leiding en produksie van Riku Lätti.

Churchil en ek het al ’n hele paar gekeer saam opgetree by Wasgoedlyn shows, maar ons het nog nooit gesels oor wie hy is en waar hy vandaan kom nie. Ons backtrack deur sy vormingsjare om te probeer uitfigure waar sy unieke aanslag op Afrikaanse rap begin het en hoekom dit so lank gevat het om sy eerste album die lig te laat sien. Dit blyk asof sy skoonsuster en Koos Kombuis miskien iets te doen gehad het daarmee.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments