’n Gesprek Met Carla Louw en Marné Gelderbloem van RUMSWINGER – Ep. 136 WAT Podcast

Rumswinger is ’n new wave, vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.

Die WAT Podcast word op Donderdae (soms op Woensdae, soms op Vrydae, maybe Sondae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ’n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Of download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments