ʼn Gesprek Met Beer Adriaanse ivm BUURTWAG – Ep. 30 WAT Podcast

Beer Adriaanse kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 10 dat hy in diepte oor sy suksesvolle KykNET show Buurtwag kan gesels.

Hy vertel hoe die show as ’n kortfilm begin het in 2012 by die Silverskermfees en wat alles agter die skerms en in sy persoonlike lewe moes gebeur voor ons die show op TV kon sien.

Ons riff ook oor wat dit beteken om Afrikaans te wees en oor hoe om kritiek te hanteer – want nie almal in die land like Buurtwag soos hard soos ek en my vrou nie.

Onthou ook asb: Vhmusic.co.za launch die 28ste Nov. ’n nuwe online music shop, my Engelse plaat Shunt op vinyl en die documentary wat ek gemaak het ‘Zeegunst: By Invite Only’ op DVD. Dit alles gebeur by Ellington’s in Bellville met een moerse party. Click hier om die event te join.

Hierdie episode is geborg deur www.decibels.co.za se band rehearsal studios in Pretoria. WAT luisteraars kry afslag. En ook deur die Table Mountain Blues Summit wat op die 5de Desember in Durbanville gebeur.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments