‘n Gesprek Met Beer Adriaanse – Ep. 10 WAT Podcast

Vir die ignorant mense wat dink ‘Boer Giel’ was Beer Adriaanse se eerste claim to fame… julle is way off.

Beer is een van die grootste Afrikaanse rock vaandeldraers en hy jol al drums sedert Hoërskool.

Ons gesels oor sy eerste punk band in Bellville, die dae toe Zinkplaat begin het in Stellenbosch, pop culture in die 90s, koshuislewe en die feit dat Jack Parow se ma sy kleuterskoolonderwyseres was.

Daar is stories oor toere saam met Delta Blue, hoe Zinkplaat ’n record label begin het en toe sommer ook besluit het om groot toerbusse te begin aan skaf om die MK Avontoer af te skop.

Ons riff ook oor daai keer toe Zinkplaat en my band saam by ’n mal fees buite Lady Grey gaan speel het en toe Beer my eenkeer duk geschroom agterop ’n wae gesien jol het by Afrika Burns.

Die wenners van die Trippy Grape records albums word ook bekend gemaak.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes hier [volg net die instruksies, dis maklik] of vanaf IONO.fm. Dis baie maklik weereens, volg net die instruksies. OF luister hom sommer net hieronder:

Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

wat-podcast-iono-fm-

Comments