ʼn Gesprek Met Bacchus Nel – Ep. 80 WAT Podcast

Bacchus Nel het begin kitaar speel en songs skryf nadat hy sy sig in ’n motorongeluk verloor het. Maar hy het nie net sommer enige songs geskryf en gesing nie – dit was (en is nogsteeds) goeie songs.

Hy kom kuier in die garage en vertel van sy kinderdae in Standerton, die ongeluk, daai dae in Sunnyside toe sy en Jan Blohm se paaie begin kruis het, die eerste toere Kaap toe, hoe Piet Botha sy debut album produce het en wat alles daarna gebeur het.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments