‘n Gesprek Met Anton Goosen – Ep. 7 WAT Podcast

Foto deur Estie Geldenhuys.

Oppad Franskraal toe stop ek by Anton Goosen se huis op Gansbaai.

Hy bou vir ons ’n klomp koffies en ons klim agter die mics in rondom sy kombuistafel om te gesels oor die locals, meeste van sy albums, die linkse vs. die regse vleuels van die Afrikaanse media, doef-doef, disco en The Bee Gees.

Hy vertel oor sy dae as ’n joernalis, producer en sy vriendskap met Sonja Heroldt, Johan Pienaar en Dirk Ace.

Ons riff ook oor “Nool van der Merwe” wat Bob Dylan en Leonard Cohan se songs na Afrikaans toe gaan vertaal het.

Daar’s ’n paar production anecdotes oor Koos Kombuis se befokte album Elke Boemelaar Se Droom, behind-the-scenes stories oor die Houtstokfees en daai keer wat Bles Bridges hom van agter af gewurg het voor ’n opname op Goeiemôre Suid-Afrika.

Skop, skiet en donner vandag op WAT.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

Of jy kan dit nou dadelik net hier onder luister.

Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

wat-podcast-iono-fm-

Comments