ʼn Gesprek Met André Kriel – Ep. 59 WAT Podcast

André Kriel is die kitaarspeler met die goeie postuur in daai badass blues-rock band van Pretoria: Black Cat Bones.

Ek en André was die naweek loghut-bure in Ponta Malongane toe ons by STRAB in Mozambique gespeel het. En natuurlik móés daar toe ’n onderhoud gedoen word op die stoep oor André se kinderdae, sy pa wat ook ’n working muso was, die dae in die army en al die verskillende jobs wat hy moes doen voor hy self ’n voltydse musikant kon word.

Hierdie episode is met trots geborg deur De Kreeft Stamkafee at Saronsberg Teater Tulbagh en die Kreefhotel by Oppikoppi. Gaan na plankton.mobi en hit “Kreefhotel” in die search bar om jou goedkoop earlybird special te gaan book.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments