ʼn Gesprek Met Almuir Botha – Ep.55 WAT Podcast

Almuir Botha is ’n baie skaam kitaarspeler wat al baie moes drink om live te kon speel en vloek in bands soos Raaskopleef, Delta Blue, Jakkie Louw en Amafist. In sy eerste interview in 10 jaar vertel hy hoe hy in St.8 weggeloop het van die huis af en Durban toe gehike het, hoe hy na skool gepoog het om die beste kitaarspeler in wêreld te word, hoekom hy eventueel opgehou drink het en sy lang dreads geknip het.

Hy gesels ook oor sy nuwe band Orwellington en sy home studio.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments