‘n Gesprek Met Albert Maritz – Ep. 20 WAT Podcast

Albert Maritz se uiteenlopende loopbaan as akteur en stemkunstenaar het begin toe hy skaars elf jaar oud was.

Hy kom kuier in die garage en vertel wat se groot invloed sy pa, Dawie Maritz, op sy loopbaan en lewe gehad het. Ons gesels oor sy toneelstukke, rolverdelings en wat se invloed ’n goeie teks het wanneer dit kom by die vertolking van daai legendariese karakters soos Herman Roodt in Konings en Torings en Willie Nagel in Orion.

Ek vis vir interessante anecdotes en behind the scenes stories op die set van Invictus… en ek kry ’n hele paar.

Ons bespreek ook Albert se rol in Buurtwag, ’n nuwe plaaslike drama-komedie wat die 30ste September op KykNet begin rol.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments