ʼn Gesprek Met Albert Frost – Ep. 46 WATPodcast

Albert Frost het al vir die Rolling Stones ge-open.

Hy het begin guitar speel vir die Blues Broers toe hy 13 jaar oud was saam met sy pa Frank Frost op die drums.

Hy kom kuier in die garage en vertel hoe hy groot geword het langs Tolla van der Merwe, hoe sy pa hom leer drums speel het as ’n laaitie en hoe sy ma die ultimate rock-chick is. Daar is ook cool stories oor Oppikoppi, die sukses van sy en Arno Carstens se album Another Universe, toe hy ophou drink het en daai keer toe hy saam met Ginger Baker in Tulbagh gespeel het.

Hierdie is ook die heel eerste interview waar hy oor sy nuwe up and coming album gesels. Out soon! Strap jouself in vir ’n befokte journey saam met een van Suid-Afrika se mees talentvolste exports.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments